Editor's choiceHard newsLocal newsMunicipalNewsNews

Hewige skade na pyp bars

Intussen sit inwoners in dié area sonder ‘n druppel water kort voor die naweek. Die koerant wag vir kommentaar van die stadsraad oor die voorval. Ons sal ons lesers op hoogte hou.

LYDENBURG – Verskeie huise in Maraisstraat het waterskade opgedoen na ‘n munisipale watertoevoerpyp vandag gebars het.

Volgens twee van die inwoners, mnr Christo van der Linde en me Hantie Bezuidenhout is dit die derde keer dat ‘n pyp in dié area bars.

“Die pyp het twee keer vantevore hier voor my huis gebars en ‘n ander keer in die straat.” Bezuidenhout meen dat hulle ‘n privaat loodgieter moes inroep om die water te stop aangesien niemand van Thaba Chweu Munisipaliteit beskikbaar was nie. Die loodgieter was glo besig met ‘n verstopte drein. “Ek het gehoor dat hulle gesê het dat iemand van Sabie eers moet deurkom vir die herstelwerk aan die pyp.

Intussen sit inwoners in dié area sonder ‘n druppel water kort voor die naweek. Die koerant wag vir kommentaar van die stadsraad oor die voorval. Ons sal ons lesers op hoogte hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button