Liedjies uit The Little Mermaid, Sister Act en As Jy Sing was van die items wat die gehoor deur die jare laat reis het tydens Laerskool Numbi se jaarlikse revue.
Vanjaar het dit van 31 September to 2 Oktober plaasgevind en die tema was fliekmusiek. Elke klas het ‘n lied uit ‘n fliek gekies om op te voer, met die Afrikaanse gr. 6’e wat met Grease afgeskop het.
Hierdie jaar se hoogtepunt was die onderwysers se show-stopper met die tema “Time Warp”. Al die onderwysers was deel van die optrede en het baie moeite met hul kostuums gedoen.
Laerskool Numbi wil al die ouers vir hul ondersteuning bedank, asook die onderwysers en me. Adel Hobbs wat die revue georganiseer het.
