NewsNewsSchools

Ferdinand die Bul en sy vriende sorg vir vermaak tydens konsert

Die leerlinge van Witrivier Preprimêre Skool het die gehoor aan Ferdinand en die diere van 'n plaas in Spanje bekendgestel tydens hul jaarlikse konsert.

Die gehoor het ‘n tikkie Spaanse kleurvolheid geniet tydens Witrivier Preprimêre Skool se jaarlikse konsert. Die kleuters het die verhaal van Ferdinand die Bul vertel, ‘n vredeliewende dier wat daarvan hou om stil te sit en die blomme te ruik.

Die toneelstuk het op ‘n plaas in Spanje afgespeel en al die plaasdiere het heel vrolik rondgedans. Daar was skape, kuikens, eende, varke en selfs bye en vlieë. Spaanse meisies met hul flamenco-rokke, boere, pikadors, bandeleros en ‘n matador het ook hul opwagting gemaak en die gehoor met liedjies en danse vermaak.

Na talle plaastonele, word Ferdinand per abuis aangesien as die grootste en kwaaiste bul op die plaas en word hy gekies om aan die bulgevegte in Madrid deel te neem. Met kleurvolle vlaggies en Spaanse danse het die kleuters die arena uitgebeeld waar Ferdinand moes veg. Die meisies gooi toe blomme op die arena-vloer om die matador, bandoleros en pikadors sterkte toe te wens. In plaas daarvan om vir die rooi vlag te mik en die matador te bestorm, tel Ferdinand die blomme op en sit ewe vrolik daaraan en ruik. Dit laat die beamptes geen keuse as om Ferdinand na sy geliefde plaas terug te neem nie.

Die kostuums was puik en die kinders het duidelik hard geoefen en groot pret tydens die konsert gehad. Net enkeles het nie die heeltyd breed geglimlag nie.

Die skool wil graag almal bedank wat ‘n handjie bygesit het om die konsert suksesvol te maak.

Kyk na foto’s van die aand hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button