Kattekwaad laat straatligte aan bly
Skoolkinders, wat allerhande voorwerpe in munisipale kragskakelaars druk, veroorsaak dat straatligte nie afskakel nie. Volgens die munisipaliteit se kommunikasiekantoor gebeur dit veral oor skoolvakansies dat straatligte vir dae lank aangeskakel bly. Hulle verneem dat dit verveelde kinders is wat voorwerpe, van plastiekbottels tot speelgoed, in die skakelaars steek. Mnr. Paul Hucl, ‘n Sonheuwel-inwoner, het gesien …
Skoolkinders, wat allerhande voorwerpe in munisipale kragskakelaars druk, veroorsaak dat straatligte nie afskakel nie.
Volgens die munisipaliteit se kommunikasiekantoor gebeur dit veral oor skoolvakansies dat straatligte vir dae lank aangeskakel bly. Hulle verneem dat dit verveelde kinders is wat voorwerpe, van plastiekbottels tot speelgoed, in die skakelaars steek. Mnr. Paul Hucl, ‘n Sonheuwel-inwoner, het gesien hoe die groot straatligte in dié gebied al vir amper ‘n jaar lank deur die dag brand. “Ek wil nie eers weet hoeveel krag só gemors word nie. Ek het al ‘n jaar gelede ‘n klag gelê, maar tóé al was daar nie aan my gesteur nie.”
Die munisipaliteit hou vol dat die probleem nie op hul stelsel sal verskyn nie, omdat die kragskakelaar gestel is om automaties af te gaan. Hulle vra dat inwoners hulle direk skakel indien hulle ligte deur die dag sien brand. Mbombela se tolvrye nommer is 0861-6266-2325.
