
MBOMBELA – Leerders van Hoërskool Nelspruit het verlede Vrydag ‘n periode afgestaan om die vleiland in Branderstraat skoon te maak as deel van die Mbombela skoonmaak projek. Leerders van gr. 9 en gr. 11 was baie entoesiasties en het met glimlagte ‘n swartsak gegryp en rommel begin optel.
Dié vleiland word deur boemelaars bewoon wat dit egter gevaarlik maak vir enige iemand om daar rond te stap. Hoërskool Nelspruit het eers met Hi-tech sekuriteit gereël om die vleiland te besoek en om seker te maak dit is veilig voor die leerders ingegaan het. Veilig en vol trots het hulle al hulle swartsakke volgemaak en baie tevrede terug geloop klas toe.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
