Ondersteuners en borge wat die skool gedurende die jaar bygestaan het, is na ‘n heerlike ete uitgenooi en het ook ‘n blyk van waardering – ‘n pragtige knipmes met die skool se naam en wapen daarop gegraveer – ontvang. Gaste het inwoners, besigheidsmanne van die omgewing en skoolpersoneel ingesluit en leerlinge is as kelners ingespan.
Die hoof mnr. Dawie Oberholtzer, het sy opregte dank teenoor almal uitgespreek van die kleinste borg tot die maatskappy wat groot skenkings gee, asook almal wat morele ondersteuning aan die personeel en leerlinge gegee het. Daar was ook groot opgewondenheid oor al die veranderings en verbeterings aan die skool, soos ‘n kafeteria by die lapa en ‘n splinternuwe webblad.
Mnr. Tobie Bieldt, voorsitter van die beheerliggaam, het ook die borge bedank vir hul ondersteuning en genoem dat hulle van onskatbare waarde is om die skool se aansienlike begroting te laat klop.
Kyk hier na ‘n foto-gallery van die aand.
