Laerskool Nelspruit Kultuurfees
Laerskool Nelspruit se Kultuurweek eindig vanaand met die "Kuns onder die sterre" geleentheid. Leerders kry hier die kans om die kunswerke wat hul deur die week gemaak het, aan hul ouers ten toon te stel.
As deel van hul jaarlikse kultuurfees, het Laerskool Nelspruit die welbekende kunstenaar, Ghost, genader om tekenklasse aan leerders aan te bied.
Hy was een van vele gidse wat dié week kunsklasse aan die leerders gegee het.















Dié fees het Maandag by die skool begin en hou tot Vrydag aan. Mosaïekklasse en tekenprentklasse met die welbekende kunstenaar Ghost was ván die aktiwiteite wat by die fees aangebied is. Leerders het ook die geleentheid gekry om kerversierings saam met Suzette van Zyl van Kidazzle, asook mosaïekkunswerke te maak.
Die fees eindig Donderdag met die Kuns Onder die Sterre-geleentheid waar ouers hul kleingoed se kunswerke onder oë kan kry.
