Prestasies en deelname aan buitemuurse sport- en kultuuraktiwiteite is erken en die verskeidenheid van aktiwiteite is die spesiale Varië Actu-toekenning in ag geneem.
Hierdie nuwe toekenning is gegee aan die seun en meisie in elke graad wat deurlopend aan ‘n verskeidenheid van aktiwiteite deelgeneem het tydens die skooljaar en veelsydigheid aan die dag gelê het.
Mnr. Dawie Oberholtzer, die skoolhoof, het verduidelik dat die akademiese-prysuitdeling eers in Januarie sal plaasvind om sodoende ‘n meer akurate indruk van die leerlinge se prestasies te hê.
Leerlinge in elke graad is na vore geroep om sertifikate, bekers, skilde en wisseltrofees te ontvang. Van die grootste toekennings was dié van Theresa Mahlalela, wat as dux-leerling vir 2014 aangewys is, Tristan Schoeman en Mpendulo Nkosi, wat die trofee vir Sportseun van die Jaar gedeel het en Danel Bieldt wat verskeie trofees vir sportprestasies ontvang het.
Die nuwe koshuis- en skoolleiers is ook tydens die geleentheid aangekondig. Sandra-Lee Campos en Renier Pienaar is die koshuis se hoofleiers, terwyl Edward Hall (hoofseun) en Manon Engelbrecht (hoofmeisie), asook Dominique van Niekerk (onderhoofmeisie) en Edward Shabangu (onderhoofseun) as die skool se hoofleiers verkies is.
Kyk na meer foto’s: graad 8’s, graad 9’s, graad 10’s, graad 11’s en graad 12’s.
