Hard newsLocal newsMunicipalNewsNews

Omstrede kruising lei tot arres ná ongeluk

‘n Taksidrywer is Maandag in hegtenis geneem nadat ‘n skoolseun op ‘n motorfiets teen hom vasgejaag het. Ooggetuies sê die busdrywer het ‘n onwettige U-draai voor Rob Ferreira-hospitaal gemaak toe die 17-jarige leerder van Hoërskool Nelspruit met sy Big Boy TSR van die R40-kruising af teen die bult voor Sonpark opgery het. Nelspruit SAPS en …

‘n Taksidrywer is Maandag in hegtenis geneem nadat ‘n skoolseun op ‘n motorfiets teen hom vasgejaag het.

Ooggetuies sê die busdrywer het ‘n onwettige U-draai voor Rob Ferreira-hospitaal gemaak toe die 17-jarige leerder van Hoërskool Nelspruit met sy Big Boy TSR van die R40-kruising af teen die bult voor Sonpark opgery het. Nelspruit SAPS en noodgevaldienste is na die toneel ontbied.

Volgens die seun se pa is hy in MediClinic Nelspruit opgeneem en sy motorfiets is afgeskryf.Die seun het ligte harsingskudding opgedoen en sy borsbeen is gekraak.

Volgens Kapt. Dawie Pretorius van Mbombela SAPS is die 32-jarige busdrywer is in hegtenis geneem op die klag van roekelose en nalatige bestuur en sal Dinsdag in die hof verskyn.

Daar is net een uitgang uit die hospitaal uit en dié loop uit op die besige Piet Retiefstraat. Daar mag nie regs gedraai word nie, juis omdat daar ‘n gevaarlike blindekol is en verkeer opgehou kan word.

“Busse en taksi’s maak elke dag dié onwettige draai, ongeag die teken wat dit verbied,” sê Willem Swart van Van Wettens-wegsleepdiens. “Ek dink daar moet ‘n eilandsypaadjie in die middel van die pad, van die ingang na Sonpark tot net voor Romans, gebou word. Daar is talle ongelukke op dié plek as

gevolg van dieselfde rede.”

Die seun se pa sê taksi’s, wat in die middel van afritte stilhou en aankomende verkeer blokeer, is ‘n geweldige probleem by hierdie én ander groot kruisings. “Daar kan seker ‘n plan gemaak word om verkeersbeamptes by besige kruisings te laat staan, maar dit sal nie sulke ongelukke voorkom nie. Taksibestuurders moet net die padreëls nakom.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button