NewsNewsSchools

Vlammies bekroon akademiese uitblinkers

Hoërskool Bergvlam het onlangs hul toppresteerders vereer tydens die skool se jaarlikse merieteaand.

Die Vlammie-leerders wat hulself vanjaar op die gebiede van akademie, kultuur en leierskap onderskei het, is almal deur die skool geprys.

Megan Nicholson is as die dux-leerder in gr. 12 aangewys. Sy het ook vir al vyf jaar op hoërskool ‘n akademiese gemiddeld van meer as 80 persent behaal. Sy is ook as die veelsydigste dogter in die skool aangewys en het ‘n ereskild ontvang na sy die nasionale wenner van die radikale redenaars was.

Justin Phillips.
Justin Phillips.

Justin Phillips is aangewys as die veelsydigste seun. Hy het ook die Danie Snyman-Old Mutual-wisseltrofee ontvang vir sy prestasie in wiskunde (90 persent) en fisiese wetenskappe (87 persent). Hy het ook al die jare van sy hoërskoolloopbaan ‘n gemiddeld van meer as
80 per sent gehandhaaf.

Me. Elza Vorster.
Me. Elza Vorster.

Me. Elza Vorster het ‘n spesiale ere-verdienstelikheidstoekenning van die skool ontvang vir uitnemende dienslewering. Vorster tree binnekort af en het in haar dekades by Bergvlam nie net leerders in haar vak, Afrikaans, geïnspireer nie, maar ook die skool se redenaars tot nuwe hoogtes aangevoer.

Jonathan Dye.
Jonathan Dye.

Nog ‘n spesiale toekenning is aan Jonathan Dye gemaak: hy het die hoof se toekenning ontvang en ‘n ere-skild vir sy rol as die BK-president.
Alicia Smit, wat ook BK-president was, is aangewys as die Vlam van Bergvlam.

Juane Nieuwenhuis was nie net die kultuurpersoonlikheid van die jaar nie, maar het ook ‘n ereskild ontvang na sy die nasionale wenner in radikale redenaars was.

Nog ereskilde
• Lowina Baumgart – internasionale wenner van Miss Teen World Universal 2014/15 en verwerf nasionale kleure in modelwerk
• Willem Botha – verwerf nasionale kleure as presidentsverkenner
• Leila Griebenouw – nasionale wenner van die expo vir jong wetenskaplikes
• Steve Engelbrecht – wenner van nasionale talentkompetisie, lid van die Nelson Mandela-kinderparlement en die junior stadsraad
• Tintswalo Maselesele, Phumla Nkosi, Sihle Zwane, Njabuliso Ngomane, Zylke van Wyk en Imke Smit het ook elk afdelings in die nasionale radikale redenaarskompetisie gewen.

Sien die toppresteerders in sport hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button