NewsNewsSchools

Laerskoolleerlinge skenk rolstoele aan behoeftiges

'n Groep graad 7-leerlinge en die hoof van Laerskool Witrivier het 'n laerskool naby Hazyview besoek en aan twee leerlinge elkeen 'n rolstoel geskenk.

Twee leerlinge van Lifalethu Primary in Hazyview het ‘n vroeë Kersgeskenk ontvang, danksy die ruim harte van Laerskool Witrivier se leerlinge en personeel.

Die skoolhoof, mnr. Frannie van der Riet en vyf gr. 7-meisies het Lifalethu op 30 Oktober besoek om twee rolstoele aan behoeftige leerlinge te oorhandig.

Die uitreik volg nadat die skool te hore gekom het van ‘n gr. R-dogtertjie wat elke dag deur haar ouma skool toe gedra moes word.

Witrivier het gedurende sy 110-jaar-vierings heelwat liefdadigheidsprojekte onderneem en wou tot die einde van die jaar hierdie geluk met ander deel.

Nosipho Shabungu, wat gekies is om die leerlinge toe te spreek, het met groot lof van Laerskool Witrivier gepraat en vertel dat dit danksy die glorie van God suksesvol is.

Sy het ook die hoof bedank vir sy deel-name aan die uitreik en sy groot aandeel in haar wonderlike laerskoolloopbaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button