Local newsNewsNewsSchools

Dienkieland-kleuters getooi in wit en rooi vir jaarlikse konsert

Kleuters het hul liefde vir baie dinge uitgebeeld met oulike liedjies en danspassies.

Die kleuters van Dienkieland Kleuterskool het vreeslik fraai gelyk in die rooi-en-wit uitrustings wat hul konserttema “Wees lief en dierbaar” uitgebeeld het. Die ouers is deur ‘n groot rooi hart by die ingang verwelkom en deur mnr. Mark Pain gegroet.

Mnr. De Wet Prinsloo het met gebed geopen en toe is alle oë op die verhoog waar die kleuters hul plekke ingeneem het. Oupa Dawie Potgieter het die kleintjies met sy kitaar begelei en heerlik saamgesing.

Die konsert het liedjies soos Ek is lief vir my mamma en pappa, Jesus loves me, It’s love that makes the world go round, Skinny Marinky Dinky dink, I love you en Wees lief en dierbaar, ingesluit. Die hoogtepunt van die konsert was die liedjie “Superhero”.

Die kleuters se families het die konsert vreeslik geniet en was dit eens dat dit ‘n gepaste afsluiting vir die jaar was. Almal kon daarna kuier en verversings geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button