NewsNewsSchools

Adjunkhoof het groot drome vir Hoërskool Rob Ferreira

Me. Santie Roux, 'n geliefde RTT- en Wiskunde-onderwysers, staan van nou af aan die stuur van alle akademiese of tegnologiese sake van die skool.

Hoërskool Rob Ferreira se nuwe adjunkhoof, me. Santie Roux, sien uit na die uitdagings wat haar nuwe pos bied en het groot drome vir die skool. Daar is verlede week aangekondig dat dié onderwyser aan die hoof van die skool se tegnologie- en akademie-afdelings gaan staan.

Roux is baie opgewonde oor die pos en die baanbrekerswerk wat volgende jaar by die skool gaan plaasvind. Dit is die eerste keer dat so ‘n adjunkhoofpos geskep is en Roux glo dit is ook die begin van ‘n nuwe fase. “Dit gee my die kans om voetspore te maak in plaas daarvan om in iemand anders s’n te loop,” meen sy.

Roux is sedert April 2008 deel van die skool se personeel en gee tans wiskunde en RTT vir gr. 11’s en 12’s. Sy is ‘n ervare onderwyser en het in 1997 haar loopbaan by Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom begin.

Die nuwe adjunkhoof sê sy sal graag eendag aan haar opvolger ‘n skool wat goed funksioneer, sonder administratiewe uitdagings vir die personeel, en ‘n akademiese standaard wat hoër is as enige skool in die Laeveld, wil nalaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button