Feestelike toernooi sluit die jaar af
Kambaku het die jaar op 'n hoë noot en in die vrolike gees van die komende feesgety afgesluit.
Kambaku het die jaar op ‘n hoë noot en in die vrolike gees van die komende feesgety afgesluit.
Die klubhuis was getooi in wit en rooi ballonne en pragtige Kersversierings deur Ester en Diaan Brits, asook Joanie en Susan Swanepoel.
Die baan was gepak met 80 spelers en die organiseerders van die dag het hulle goed van hul taak gekwyt. Rohan Greyvenstein het die hoofborge, Komati Stationers en Tarsus, sowel as Old Mutual, BJ’s en Lebombo Agricultural Petroleum (LAP) wat die dag moontlik gemaak het, bedank.
Die Klubkaptein, Piet van Dyk, het namens die lede en die komitee vir Rohan Greyvenstein en sy span bedank vir ‘n jaar se harde werk. Die volgende trofeë is toegeken:
Kambaku Klubkampioen van die jaar: Antoni Britz
Dames-klubkampioen: Rose Powell
Kambaku wenner van die jaar: Johan Basson
Ryder Cup-wenspan van die jaar: Rohan Greyvenstein
Ryder Cup-wenners – gekombineerde mans/dames: Rose Powell en Rohan Greyvenstein se spanne
Ryder Cup-wenners – dames: Roenel Basson se span
Damesligawenners van die Onderberg: Roenel Basson, Rose Powell, Shani Swanepoel en Martinette van Dyk
Knoppiesdoring-wenner – mans, enkels: Derik Goncalves
Knoppiesdoring-wenner – dames: Roenel Basson
Selati Cup-wenners van die jaar: Kambaku Gholfklub. Kambaku is ook die wenners van die Eskom-toernooi vanjaar. Die Kambaku-kapteinstoekenning van die jaar word oorhandig aan oudstryders – persone wat buitengewoon betrokke was en groot bydraes gelewer het tot die ontwikkeling van Kambaku Gholfklub. Oom Flippie van Coller (wat reeds ‘n paar jaar gelede oorlede is), dr. Willem Bekker, oom Salidoor du Preez, oom Piet van Dyk, en oom Piet Maritz is vereer vir die groot rol wat hulle gespeel het.
Uitslae van die dag se toernooi (bestebalhouespel):
1. Ester Britz en Elna Rautenbach – 60
2. Gert Erasmus en Piet van Dyk (Prok) – 62
3. Charlie van Dyk en Lucia van Dyk – 62
4. Danie du Preez en Gerrit Wasserman – 63
5. Nico Kruger en Hendrik Kruger – 64
6. Jaco Botha en Meyer Horn – 64
7. Conrad Stander en Nick Visser – 64
8. Werner Mostert en Craig Bouwer – 65
9. Salidoor du Preez en Nico Engels – 65
10. Elias Caldeira en Kevin Nott – 65
11. Henk Mostert en Chris Coetzee – 65
12. Lizette Barnard en Janette Maritz – 66
13. Esta Rolfe en Marina Maritz – 67
14. Roenel Basson en Martinette van Dyk – 67
15. Grant Coldstone en Jody Fioss – 67
16. Ean Sauerman en Stuart Geldenhuys – 68
17. Derik Gonzalves en Jacq Nell – 69
18. Johan Mare en PJ Loock – 69
19. Pierre Cronjé en Davey Fouche – 69
20. Martin Litschka en Dave Melvin – 70
21. Gerhard Basson en Piet van Dyk (Prok) – 70
