Elke jaar word kan ‘n groepie leerlinge van Hoërskool Rob Ferreira ‘n week lank saamkuier en saamleer by ‘n skoolskool.
Die leerlinge het hierdie jaar oor onderwerpe soos die see, slange, skerpioene en malaria geleer, en ‘n krokodilplaas besoek om die gediertes van nader te beskou. Die groep is deur mnr. Francois McGill gelei, wat vir die sestiende keer by ‘n seeskool was.
Die flukses onder hulle het met sonopkoms gaan draf en die ander het later in die see geswem, vlieër gevlieg of met kajakke baljaar. Die groepie het ook vir ‘n dag Cape Vidal besoek.
In die aande het hulle op “wildritte” gegaan om te sien of hulle die seekoeie teëkom wat uit die meer klim en in St. Lucia se strate rondloop opsoek na ‘n sappige happie gras.
Me. Linel le Roux, die skool se jeugwerker, het met haar kitaar vir ‘n hele paar saamsing-aande om die kampvuur gesorg en mnr. Albert Pelser het verseker dat die groepie nie handuit ruk nie.
Die skool wil mnr. Johan Coetzee van Lowveld Link vir die vervoer bedank.
Kyk na ‘n gallery van foto’s hier.
