SAVF kinders kry graad
Die gradeplegtigheid van SAVF Kleutervriend se gr. R’e is Saterdagoggend in styl by Jathira gevier. Die saal was stampvol met trotse ouers en grootouers wat breëbors die oorhandiging aanskou het.
Die gradeplegtigheid van SAVF Kleutervriend se gr. R’e is Saterdagoggend in styl by Jathira gevier. Die saal was stampvol met trotse ouers en grootouers wat breëbors die oorhandiging aanskou het.
Prinsipaal, Liana Nieuwenhuis, was vol lof vir die kleingoed asook die personeel en die ouers vir hul harde werk en geduld deur die voorskoolse jare.
Eers is die nasionale volkslied in al die landstale uit volle bors gesing waarna die togadraertjies ‘n rympie voorgedra het wat vertel het in hóé ‘n mate hulle gereed is vir gr. 1.
Na afloop van die formaliteite het elke kleinding ‘n kolwyntjie ontvang wat met ‘n studentebaret versier is en het die grootmense vir ‘n rukkie met eetgoed buite by die swembad gekuier.
Baie geluk aan al die SAVF se gr. R’e en sterkte met gr. 1.