Die skooljaar het vir ‘n hele paar presteerders van Laerskool Witrivier op ‘n hoogtepunt geëindig. Die skool het tydens die prestige-aand op 14 November leerlinge vir hul prestasies in kultuur, sport en akademie beloon.
Van die wat heelwat toekennings opgeraap het, is dux-leerling van 2014, Zanté Bensch, junior sportseun Pieter Burger, senior sportdogter Lizé van Biljon en senior sportseun Jappie Lubbe. Kayla de Villiers is as junior sportdogter aangewys.
Dasha du Toit het die kultuurtoekenning ontvang, Christina de Kock was die jaar se mees voortreflike leerder en Jacuqeline Mukhari het die gesogte hoof se toekenning losgeslaan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
