Anrie aangewys as sportvrou en veelsydigste sportvrou van die jaar
Hoërskool Barberton het verlede week sy jaarlikse prysuitdeling gehou. Soos verlede jaar was René Badenhorst die gasvrou en het sy haar uitstekend van haar taak gekwyt.
Hoërskool Barberton het verlede week sy jaarlikse prysuitdeling gehou. Soos verlede jaar was René Badenhorst die gasvrou en het sy haar uitstekend van haar taak gekwyt. Dit was ‘n spoggeleentheid wat afgeskop het met die 2014 hoofleiers wat die eregaste na hul plekke begelei het.
Menige sertifikate is toegeken aan leerders wat in onderskeidelik akademie, sport en kultuur presteer het. Teen die einde van die funksie is die nuwe leiers van 2015 aangewys.
Die hoofleiers van volgende jaar is André Visser, Megan du Plessis, Armand Grobbelaar en Victoria Kunene.
Die top-presteerders was soos volg:
• Dux-leerder: Kevin Afonso, gemiddeld – 88 persent, Afrikaans – 92 persent, lewensoriëntering – 92 persent, wiskunde – 86 persent, rekeningkunde – 93 persent, besigheidstudies – 83 persent, CAT – 92 persent.
• Sportman van die Jaar: Raymond Smit
• Veelsydigste Sportman van die Jaar: André Visser
• Sportvrou van die Jaar: Anrie van der Merwe
• Veelsydigste Sportvrou van die Jaar: Anrie van der Merwe
• Kultuurtrofee: Lizka Bosua
• Veelsydigste kultuurtrofee: Lizka Bosua en Wade du Plessis
• Hoof se trofee: Stefan Botha
Oorkondes is oorhandig aan NTT Toyota, Nico Botha, Anni du Plessis en Deon du Plessis.
