Hard newsMunicipalNewsNews

Lig aan die einde van donker R40-‘tonnel’

Volgens die munisipaliteit is kabeldiefstal ‘n ernstige probleem wat gereeld voorkom op die spesifieke pad en die probleem veroorsaak.

Frustreerde motoriste kan glo binnekort weer uitsien na ‘n herlderverligte R40 nadat straatligte vir maande nie gebrand het nie. Nelspruit Post het onlangs verskeie klagtes ontvang en die munisipaliteit vir kommentaar gekontak. Alhoewel hul weinig oor die situasie wou uitbrei, het hul wel gesê dat hul aan die probleem aandag skenk en dat die ligte teen 19 Desember weer sal brand. Volgens die munisipaliteit is kabeldiefstal ‘n ernstige probleem wat gereeld voorkom op die spesifieke pad en die probleem veroorsaak.
Alhoewel koperdiefstal ‘n reusekopseer in 2014 veroorsaak het regoor die land, het die Suid-Afrikaanse kamer vir Koophandel en Nywerheid (SAKKN) egter vroeër die jaar ‘n afname in dié tipe diefstal aangemeld. Volgens die SAKKN het die Copper Theft Volume Indicator gedaal tot by 158 metrieke ton in Julie van 166 ton in Junie en 214 ton in Mei.
Die SAKKN het egter gesê om die probleem hok te slaan, is dit uiters noodsaaklik dat munisipaliteite proaktief spesiale eenhede ontplooi om koperdiefstal te beperk.
Volgens die plaaslike munisipaliteit sal sekuriteit na afloop van die installering van die kabels, “soos oudergewoonte” toegepas word.
Die munisipaliteit doen egter ‘n beroep op motoriste om enige klagtes of verdagte aktiwiteite aan Maureen op 013-759-2268 te rapporteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button