Ons het hom Moses gedoop
'n Wees koedoe-bulletjie van 'n gewisse dood gered.

WHITE RIVER – WHITE RIVER – ‘n Ses week oue koedoebulletjie, wat van ‘n gewisse dood gered is, is Moses gedoop.
Hy is deur die personeel by ‘n rehabilitasiefasiliteit net buite Witrivier so genoem, na aanleiding van Moses van die Bybel, wat op ‘n grasmandjie in die Nyl deur ‘n farao-dogter ontdek is.
Die eienaar van die rehabilitasie fasiliteit, Jan Sutherland, sê: “Hy was, net soos die baba Moses in Bybelse tye, deur die Here begenadigd. Moses is vir ons ‘n geskenk van die Here af.”
Volgens oorlewering het Farao se dogter die babaseuntjie gered en as haar eie grootgemaak.
Die staatsveearts, dr. De la Rey Brugman, was uitgeroep om die wees-koedoebulletjie van ‘n gewisse dood gered toe hy op 11 Desember deur ‘n boer in die Broham-distrik op sy grasperk opgemerk is.
Brugman het Lowvelder meegedeel dat die kalfie ontwurm is en reeds die eerste behandeling teen bosluise en ander parasiete ontvang het. “Moses het vinnig by die bottelvoedings aangepas en is rustig en gesond”, het Brugman gesê.
Die bokkie is ook vriendelik en glad nie skaam vir mense nie.
Hy en Sutherland se hond, Pinkie, ‘n Jack Russel, korswil lekker deur die heining van die kamp.
Die Mpumalanga Toerisme- en Parke Agentskap het ‘n permit vir Moses se behandeling en onderhoud aan die eienaar uitgereik.
As alles goed gaan sal Moses teen April volgende jaar weer in die wild vrygelaat kan word.


