Geskenke is toegedraai en die Kersboom by Dienkieland Kleuterskool fraai versier, wat veroorsaak het dat die kinders oorloop van nuuskierigheid oor wat Kersvader vir hul gebring het.
Die jongspan moes egter eers stilsit en aandagtig luister na me. Berdiene Pain, die skool se eienaar, wat die verhaal van Jesus se geboorte vertel het. Me . Charlene Pain het daarna geskenke uitgedeel en die groepie het heerlik partytjie gehou.
Die meisiekinders is almal ‘n Barbie-pop ryker, terwyl elke seuntjie ‘n groot karretjie ontvang het. Die spul was so in hul noppies met die geskenke dat hulle die heeldag daarmee wou speel
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
