Laerskool Barberton se Gr 1’tjies reg vir 2015
In die een Graad 1 klas het 'n nuweling, Xandri Venter, met groot oë gevra “Tannie, is dit waar dat die juffrou ons gaan slaan en hoof toe vat as ons stout is?”
Dit is weer die tyd van die jaar wat Graad 1’tjies die eerste skooldag aandurf.
By Laerskool Barberton was dit ‘n byenes van bedrywigheid toe almal ‘n sitplek moes kry in die vyf Gr 1 klasse.
Elke klas spog met ‘n tweeling en die onderwysers gaan hulle hande behoorlik vol hê met die lewendige spulletjie. Slegs twee kleingoed het ‘n keel opgesit toe hulle van die mammas moes afskeid neem. Die res van die groepies was vinnig reg met ‘n glimlag vir die kamera, en een dogtertjie, Xandri Venter, het met groot oë gevra “Tannie, is dit waar dat die juffrou ons gaan slaan en hoof toe vat as ons stout is?”
In een van die klasse het ‘n seuntjie met trots sy enorme kosblik oopgemaak en ons daarop gewys dat hy en hy alleen dit alles gaan opeet, want hy is groot.
Nog skole se gallerye met Graad 1’s volg.
