NewsSchools

Jongspan vol ywer vir 2015

Meer as 130 kleintjies het Woensdagoggend hul eerste dag van grootskool by Laerskool Laeveld aangepak.

MBOMBELA – Meer as 130 kleintjies het Woensdagoggend hul eerste dag van grootskool by Laerskool Laeveld aangepak. Die trane het maar by baie van die haasbekkies vlak gelê, en selfs ‘n paar ouers het so hier en daar skelm ‘n traan gepik – of moes hard daaraan sluk. Na ‘n geskarrel om by hul klasse uit te kom, het hulle rustig na hul juffrouens gesit en luister. “Ek is nou rustiger vandat ek in die klas is, maar my maag pyn nog so bietjie,” het een van die klein knapies kwytgeraak.

Onder die massas nuwelinge was daar twee tweelinge, waarvan Willie en André Kelsey skaars onderskeibaar is. Volgens Sonja Holtzhausen, skakelbeampte van die skool, het Dinsdag se verwelkomingsessie baie gehelp om die ervaring beitjie vir beide ouers en hul kleingoed te vergemaklik, daarom was daar nie teveel trane nie. Van gretigheid en entoe-siasme was daar geen tekort nie.

Kykn hier na meer foto’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button