MunicipalNews

Herstelwerk aan straatligte skop af

Die twee binnebane aan weerskante van die pad sal egter vir minstens ‘n maand gesluit word vir die veiligheid van herstelwerkers.

Motoriste wat vir die afgelope paar maande die R40 in die donker moes aandurf, se frustrasies blyk om eindelik iets van die verlede te wees. Dit volg nadat die plaaslike munisipaliteit Maandag met herstelwerk op die R40 tussen Tiger Wheel and Tyre en die BP-vulstasie by Riverside begin het.
Hierdie 2,8-kilometer roete het die afgelope paar maande swaar gebuk gegaan onder kabeldiefstal en die area in donkerte gehul. Om te verhoed dat dit weer gebeur, het die munispaliteit onlangs aangekondig dat nuwe kabels nou ‘n meter diep gelê sal word en met beton sal herseël word. Straatligte wat buite werking is en gevandaliseerde bedrading sal ook in die proses herstel word.
Die twee binnebane aan weerskante van die pad sal egter vir minstens ‘n maand gesluit word vir die veiligheid van herstelwerkers. Die munisipaliteit het ‘n beroep op motoriste gedoen om gedurende dié tydperk verkeersreëls te gehoorsaam en gevra dat padverbruikers geduldig moet wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button