Me. Rista Coetzee is ‘n nuweling in die Laeveld. Dié oud-Kovsie sal Afrikaans en Engels Huistaal vir die graad 12’s en Engels vir die graad 8’s aanbied.
Me. Johnell Pelser, ‘n oud-Pretorianer en UNISA-student, gee Afrikaans Eerste Addisionele Taal vir die
graad 8’s. Me. Salomé Swart, ‘n oud-leerder van Bergvlam wat verlede jaar aan Tukkies afstudeer het, gee Afrikaans Huistaal vir die graad 8’s en Afrikaans Eerste Addisionele Taal vir die graad 9’s.
Mnr. Dawie Greef, wat aan Hoërskool Barberton gematrikuleer het en ‘n oud PUK-student is, bied IGO, Meganies en Tegnologie aan Mnr. Rihann van der Merwe het by Tukkies studeer en het verlede jaar in Engeland krieket gespeel. Hy bied wiskunde vir Graad 9 en Wiskundige Geletterdheid vir die graad 10’s aan.
