FeaturesLifestyleLocal newsNewsNews

NG Moedergemeente verwelkom nuwe dominee

Ds. Liebenberg is die NG Moedergemeente se nuutste jeugleraar.

Lidmate van die NG Moedergemeente gaan voortaan ‘n nuwe, jong gesig Sondae op die preekstoel sien.

Ds. Anru Liebenberg (27) het op 1 Januarie as jeugleraar by dié kerk begin en het op 11 Januarie sy intreepreek gelewer. Hy is aangestel omdat een van die oudleraars hierdie jaar emeriteer, oftewel aftree.

Liebenberg is ‘n oud-Nelspruiter wat na sy wortels teruggekeer het nadat hy in Pretoria studeer en vir vier jaar daar gewerk het. Hy het reeds op 17-jarige ouderdom besluit om ‘n dominee te word. “Dit is vir my baie lekker om terug te wees by die familie in die Laeveld,” sê hy.

Liebenberg se intreepreek het gehandel oor hoe mense die waarheid moet vind en elke dag moet uitleef. “Dit is vir my baie lekker om voor mense te praat. My heel eerste preek was glad nie scary of angswekkend nie. Ek het dit eintlik baie geniet.”

Hy voeg by dat hy nog nie verreikende nuwe planne vir die kerk het nie. “Ek wil eers almal leer ken en saam met die jongmense werk om ‘n beter gevoel van die gemeente te kry voordat ek met groot planne wegspring.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button