NewsNewsSchools

Nuwelinge se opgewondenheid tasbaar op eerste dag van skool

Flamboyant Skool se nuwe gr.1's wou net klim en klouter gedurende hulle eerste dag van skool.

Flamboyant Skool se sewe nuwe gr. 1’s was vreeslik opgewonde om op 14 Januarie vir hul eerste dag by die skool aan te meld. Me. Elize Bester, een van die gr. 1-onderwysers vertel dat daar geen trane geloop het toe die ouers hulle afgelaai het nie. Die spulletjie wou blykbaar net buite speel en het heerlik op die skool se klimraam rondgeklouter.

‘n Paar van die nuwelinge was verlede jaar reeds in die skool se gr. R-klasse en was dus vertroud met die skool en van die onderwysers.

Bester, wat ook ‘n departementshoof is, gee vir vyf van die kleingoed klas, terwyl me. Sanel Buitendach vir twee se onderrig verantwoordelik is. Bester sê die klein klasse sorg dat elke kind intensiewe onderrig ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button