NewsNewsSchools

Nuwelinge se eerste skooldag vol opwinding en pret

Die opgewondenheid oor hul eerste skooldag was duidelik sigbaar op die gesiggies van Laerskool Numbi se gr. 1's toe hulle op 14 Januarie die grootskool betree het.

Uitgedos in nuwe skoolklere met lekkernye in hul tasse, kon Laerskool Numbi se haasbekkies nie wag om by hul nuwe klas in te stap nie.

Sommige leerders se tasse was selfs groter as hulself en ander se skoolskoene het behoorlik van nuutheid gekraak. Die leerders is hartlik deur hul onderskeie onderwysers verwelkom met ‘n suiglekker en ‘n prentjie om in te kleur.

Gedurende saalperiode het hulle tjoepstil gesit en aandagtig na die voorlesing van die reëls deur die skoolhoof, mnr. André Coetzee, geluister.

Die jaar was die nuwelinge vreeslik dapper en het daar geen trane gevloei nie, maar sommige ouers het egter nie so dapper gelyk nie. Alhoewel die kinders se eerste skooldag baie onsekerhede ingehou het, het hulle baie vinnig aangepas en hope pret gehad.

Engela Alberts.
Engela Alberts.
Beste maatjies Tyla Shepheard en Kaylee Bezuidenhout.
Beste maatjies Tyla Shepheard en Kaylee Bezuidenhout.
Taye Willis.
Taye Willis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button