Local newsNewsNewsSchool sportSchoolsSport

BHS atlete blink uit by Interhuis

Tydens die interhuis verlede week het die atlete uitstekend gevaar. Heelwat baan-, interhuis- en huishoudelike rekords is verbeter.

Barberton Hoërskool is sommer vroeg die jaar reeds besig op die atletiekbaan. Tydens die interhuis verlede week het die atlete uitstekend gevaar. Heelwat baan-, interhuis- en huishoudelike rekords is verbeter.

Hoof van BHS, mnr. Pieter Ferreira het na afloop van die dag gesê: “Baie geluk aan elke atleet wat vandag deelgeneem het, hetsy op die baan of die paviljoen. Dankie aan elke ouer en personeellid wat die dag moontlik gemaak het sodat elke leerder sy/haar beste kan lewer. Dankie aan ons hemelse Vader vir die talentvolle BHS-leerders en -personeel.”

Die wenspan was die gr. 11’s en die gr. 12’s het die sangtroefee gewen.

Interhuisrekords:

• Daniel Charles: 300 meter hekkies, s/14, 52,78 sekondes

• Nolwazi Lukhele: gewigstoot, d/16, 9,45 meter

• Jillian Clark: gewigstoot, d/17, 9,23 meter

• Raymond Smit: gewigstoot, s/19, 15,77 meter

• André Visser: spiesgooi, s/19, 53,57 meter

• Anrie van der Merwe: 100 meter hekkies, d/17, 16,32 sekondes

• Corlia van der Merwe: verspring, d/15, 5,18 meter en spiesgooi, d/15, 32,08 meter.

Baanrekords:

• Raymond Smit: gewigstoot, s/19

• Corlia van der Merwe: spiesgooi, d/15 en verspring, d/15.

Huishoudelikerekord: (Beste prestasie deur BHS atleet vir alle tye)

• Raymond Smit: gewigstoot, s/19.

Beste prestasie vir die dag dogters:

• Corlia van der Merwe: spiesgooi, d/15 – 768 Atletiek Suid-Afrika (ASA)-punte.

Beste prestasie vir die dag seuns:

• Raymond Smit: gewigstoot, s/19 – 900 ASA-punte.

Beste junior atlete:

• Corlia van der Merwe – 2 838 ASA-punte

• Daniel Charles – 1 944 ASA-punte.

Beste senior atlete:

• Anrie van der Merwe – 2 721 ASA-punte

• Bongani Nkosi – 2 788 ASA-punte.

Volhardingstrofeë:

Cornette Swart en Clarissa Ungerer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button