
‘n Nuwe groep haasbekkies het op 14 Januarie by Laeveld Akademie vir hul eerste skooldag aangetree.
Laeveld Akademie is ‘n Afrikaanse privaatskool wat Christelike onderrig bied en is net buite Witrivier tussen die Yaverland- en Plaston-padafdraaie geleë.
Die groep van 11 gr. 1’s is die grootste getal inskrywings sedert the skool 16 jaar terug begin het, en skoolhoof mnr. Hendrik Briel is heel is sy noppies daarmee.
Daar is ook van hierdie jaar af ‘n gr. R-klas. Daar is steeds plek in hierdie nuwe klassie en ouers wat belangstel om hul kinders in te skryf, is welkom om die skool te besoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
