NewsNewsSchools

Bergvlam dra hoof op die hande

Die leerders het onder leiding van die bestuurskomitee gesorg dat haar verjaarsdag propvol spesiale verrassings was.

Hoërskool Bergvlam se hoof is verlede week heerlik bederf toe sy op 3 Februarie haar verjaardag gevier het.

Me. Annemarie Kleynhans se omgeehart, oop kantoordeur, opofferings ter wille van die skool, deernis, bereidwilligheid en dinamiese bestuurstyl maak dit soveel lekkerder om ‘n leerder, onderwyser en ouer by die skool te wees.

Die leerders het onder leiding van die bestuurskomitee gesorg dat dit ‘n dag vol spesiale verrassings vir haar is.

Vir werk het sy nie baie tyd gehad omdat sy gedurig met blyke van waardering onderbreek is. Natuurlik het sy die tradisie volgehou dat leerders al om 12:00 huis toe kon gaan.

Kleynhans laat elke Vlammie-hart warm klop met die respek, integriteit, ubuntu en sommer net liefde wat sy so mildelik deel.

Lees meer oor me. Annemarie Kleynhans hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button