Me. Elza Vorster het op 30 Januarie, na 25 jaar by Hoërskool Bergvlam, die tuig neergelê. Die skool het sy grootste waardering vir haar jarelange liefde vir die onderwys en kinders uitgespreek.
Vorster het in haar afskeidsboodskap aan die kinders weer daarop gewys dat sy net ‘n doodgewone onderwyser met ‘n passie vir kinders en haar vak is. Sy het gesê dat haar wens is dat die leerders se drome waar sal word en dat sy altyd positiewe kommentaar oor Bergvlam en sy leerders sal hoor.
Sy het na afloop van haar toespraak deur ‘n erewag, wat deur haar kollegas opgestel is, gestap en vir oulaas die skoolklok gelui.
Haar betrokkenheid by die redenaars, produksies en op akademiese gebied, dien as ‘n navolgenswaardige voorbeeld vir enigeen wat in haar voetspore wil volg.
Lees meer oor haar hier.

