NewsNewsSchools

Robbies sokkie vir die liefde

Leerlinge van Hoërskool Rob Ferreira het Valentynsdag met 'n dans gevier. Die prettige geleentheid is deur die gr.11's gereël om fondse vir die matriekafskeid in te samel.

Hoërskool Rob Ferreira het Vrydagaand behoorlik makietie gehou in die naam van liefde. Die gr. 11’s het hart en siel in hul jaarlikse Valentynsbal ingesit met die doel om fondse in te samel vir dié jaar se graad 12-leerlinge se matriekafskeid.

Sjokelade harte het soos soetkoek verkoop wat tot die fonds bygedra het. Daar was selfs danspaartjies van die aand aangekondig. Om die geleentheid selfs nóg meer luuks te maak, is ‘n rooi tapyt voor die skoolsaal uitgerol om die leerlinge welkom te heet.

Leerlinge het die tema van liefde en harte mooi gehoorsaam en was meestal in rooi, wit en pienk getof.

Leerlinge van gr. 9 tot 12 het die glansaand bygewoon.

“Hierdie was ‘n baie suksesvolle poging van die graad 11-leerlinge en hul ouers om fondse vir die matriekafskyd in te samel,” het een van die opsigters by die geleentheid gesê. Volgens haar het dié aand ‘n groot hoeveelheid geld vir die matriekafskeid ingevorder.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button