NewsNewsSchools

Vlammie ‘cowboys’ hou opskop

Hoërskool Bergvlam se jaarlikse Valentynsdans verlede Donderdag was 'n stylvolle affêre - vir "cowboys".

Dié opskop het ‘n skuurdanstema gehad, maar die versierings het by die tradisionele rooi van 14 Februarie gehou.

Steve Engelbrecht en Abigail French.
Steve Engelbrecht en Abigail French.

Die bekende boom by die aantreevierkant is in rooi getooi en die pragtige versierde tafels het die gesellige atmosfeer mooi afgerond.

Die hoogtepunt van die aand, naas natuurlik die romanse, was ‘n meganiese bul waarmee avontuurlustige leerders kragte kon meet.

Tristan Fritz en Tanita Engel.
Tristan Fritz en Tanita Engel.

Kommunikasiebeampte me. Rista Heunis het opgemerk dat veral die jong “cowboys” dít baie geniet het.

In pas met die Amerikaanse tema kon die leerders ook aan burgers en skyfies en sjokoladebruintjies smul om hierdie heerlike aand mee af te sluit.

Thato Mhlanga en Senty Maphosa.
Thato Mhlanga en Senty Maphosa.

Lees nog Bergvlam-nuus hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button