Editor's choiceMunicipalNewsNews

TCM dalk voertuie kwyt na hofuitspraak

Die hof het toe gelas dat die koste van Afriforum se interdik deur TCM vereffen moet word.

LYDENBURG – TCM kan dalk twee van hul bakkies kwyt wees omdat hulle weer versuim het om uitstaande skuld te delg – dié keer koste wat spruit uit ‘n Hooggeregshofuitspraak.
In 2013 het Eskom gedreig om die hele TCM se kragtoevoer op te skort as gevolg van ‘n enorme kragrekening wat nie vereffen was nie. Die munisipaliteit het die kragreus toe sowat R150 miljoen geskuld. Was dit nie vir die direkte toetrede van AfriForum nie, sou die hele dorp in donkerte gehul gewees het.
Die organisasie het hom destyds tot die Hooggeregshof gewend en ‘n dringende interdik teen Eskom vir die afsny van die elektrisiteit verkry.
Die hof het toe gelas dat die koste van Afriforum se interdik deur TCM vereffen moet word. Die munisipaliteit het egter weer nie gehoor gegee aan die beslissing nie en die balju het twee voertuie, ‘n Corsa-bakkie en ‘n Nissan NP 200 ter waarde van R60 000 opgeskryf.
Die geregtelike verkoping van dié roerende eiendom van TCM sal op more 25 Februarie plaasvind, tensy die munisipaliteit die koste delg.

Lees meer in Vrydag se uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button