Local newsNewsNewsSchools

Toneelspel maak lees lekker

Boek Buddies moedig leerders deur middel van drama aan om meer te lees.

MBOMBELA – Die ATKV Boek Buddies het Donderdag by Laerskool Bergland kom kuier, waar hulle die jongspan met ‘n klompie toneelstukke kom vermaak en oor die belangrikheid van lees ingelig het.

Dié puik aanbieding het in Bergland se skoolsaal plaasgevind.

Volgens Wiana Eskteen, media-sentrumonderwyser by Laerskool Bergland, het sy die Boek Buddies gevra om ‘n vertoning te kom lewer wat beide opvoedkundig en vermaaklik is.

Hierdie kombinasie het grootliks die lus vir lees in elke Bergie aangewakker.

“Boek Buddies is ‘n groep professionele akteurs wat sekere tonele uit leesboeke vir skole opvoer. Die boeke is uit die ATKV-boekpryswenners gekies. “Laerskool Bergland poog om meer leesbewustheid by ons leerders te skep.

“Ons nuwe media-sentrum gee hulle die geleentheid om ‘n groter en breër belangstelling in boeke te kweek,” het Eksteen genoem.

Boek Buddies moedig leerders deur middel van drama aan om meer te lees.

Hulle maak elke karakter lewendig sodat kinders dan ook makliker met die karakters kan identifiseer wanneer hulle die boek lees.

“Hulle leerders het die opvoering vanoggend terdeë geniet en is gretig om meer boeke te lees,” het Eskteen bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button