NewsNewsSchools

Laerskool Numbi: ‘n Terugblik op 58 jaar se groei

Leerlinge het in prettige uitrustings Laerskool Numbi se 58ste verjaarsdag gevier. Die skool het 'n pretdag gehou en leerlinge het die boeresport and ander aktiwiteite baie geniet.

Die 58ste verjaardag van Laerskool Numbi is op 27 Februarie met vreemde uitrustings en baie pret gevier.

As ‘n geesbou-oefening het leerlinge in klasverband volgens ‘n tema aangetrek. Die gr. 2’s het elk ‘n beroep uitgebeeld, die gr. 3’s was inwoners van Hawaii, die gr. 5’s was hansworse, gr. 6’e het soos renosters aangetrek en die gr. 7’s was babas.

Die dag het met ‘n pretloop begin wat ook as fondsinsameling vir die skool gedien het en daarna is leerlinge na die rugbyveld vir boeresport. Die spookhuis was ‘n groot trekpleister en kinders het in lang rye gestaan om te sien watter monsters daarbinne skuil. Daar was ook bok-in-die-hok, doelgooi, sokkerspel, toutrek, hoola-hoop en kussinggevegte.

Die skool is deur ‘n dr. Vorster in 1957 met slegs 30 leerlinge geopen. Dit het Laerskool Kiepersol geheet en was op die terrein van die huidige Protea Hotel Hazyview. Die eerste waarnemende hoof was mnr. WN van Wyk. Mnr. DA Oosthuizen is vanaf Januarie 1959 as hoof aangestel.

Weens die skool se groei (na 52 leerlinge) en ‘n watertekort, het die skool op 28 Julie 1959 na ‘n perseel oorkant die Numbi Hotel geskuif.

Die skool se naam is op 14 Augustus 1968 amptelik na Laerskool Numbi verander. In die vroeë 1990’s het die leerlinggetalle tot 220 gestyg en daar is in Junie 1992 aan ‘n nuwe skoolterrein begin werk. Dit is in Augustus 1993 voltooi en die skool het sedertdien vele puik leerlinge opgelewer.

‘n Rits skoolhoofde het ook vanaf die skool se ontstaan hul merk gelaat. Mnr. André Coetzee is tans aan stuur van sake en is sedert 8 Januarie 2007 die skoolhoof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button