Local newsNewsNewsSchool sportSchoolsSport

Sportveld wemel van klein voetjies tydens atletiekdag vir kleuters

Dit was weer die jaarlikse interkleuter-atletiek wat plaasgevind het, en hierdie keer was dit Babbelkousies Kleuterskool se beurt om dit aan te bied.

LYDENBURG – Verlede Saterdag het die rugbyveld by die Lydenburg Hoërskool gekrioel van kleuters met opgewonde gesiggies en groot glimlagte. Dit was weer die jaarlikse interkleuter-atletiek wat plaasgevind het, en hierdie keer was dit Babbelkousies Kleuterskool se beurt om dit aan te bied.

Volgens Amanda van Heerden van Babbelkousies was dit ‘n baie suksesvolle fondsinsamelingsprojek vir hulle skool. Sy reken dat daar tussen 250 to 300 kleuters was wat onder luide toejuiging van pappas, mammas, oumas en oupas aan pretaktiwiteite soos boontjiesakgooi, paddaspring, motorfietsie-ry, hardloopresies is en verspring deelgeneem het.

Skole wat teenwoordig was, was Babbelkousies, Woelwater, Krappies en Krefies, Kleine Pikkewyne, Doodle Bugs, Lydenburg Pre-Primêr, Kinderland, Genies Pre-School en Pokkelpensies.

Elke kleuterskool in die dorp kry jaarliks ‘n beurt om die interkleuter atletrek aan te bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button