Local sportNewsNewsSport

Spur gons behoorlik met gimnaste

Tydens hierdie jaarlikse instelling word fondse ter verbetering van Nelspruit Gimnastiek Akademie se fasiliteite ingesamel.

Mountain Spring Spur het verlede week behoorlik gegons toe Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) daar gaan kuier het. Tydens hierdie jaarlikse instelling word fondse ter verbetering van die akademie se fasiliteite ingesamel. Die hoofdoel is om die apparate op nasionale vlak te kry. Spur was tot oorlopens toe vol klante wat ‘n bydrae gemaak het. “Hoewel ons effe minder as verlede jaar ingesamel het, maak dit steeds ‘n reuseverskil,” sê Maré Putter, hoofafrigter by NGA.

Lootjies is teen R5 verkoop waarna ‘n gelukkige trekking gehou is. Die wenner het bepaal wie van die klante se rekeninge in ‘n ”burn the bill”- seremonie verpletter sou word. Die gelukkige wenners was die ouers van gimnas Ida Malan wat hul rekening van R600 vrygespring het.

“Ons waardeer elkeen wat ‘n opoffering gemaak het om ons te kom ondersteun,” sê Putter. Dit is altyd ‘n uitstekende geleentheid vir kinders en ouers om mekaar beter te leer ken. Die volgende byeeonkoms word weer in September gehou, en Putter nooi almal uit om van die geleentheid gebruik te maak om ‘n bydra tot die akademie se ontwikkeling te maak.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button