Local newsNewsNewsSchools

Verkiesings by skole steeds goed op dreef

Alhoewel beide verskeie metodes gevolg het, meen Kleynhans, indien skole die onderwysdepartement se advies gevolg het en ouers goed ingelig en gemotiveer het, die verkiesing op die eerste datum suksesvol afgehandel sou kon wees.

MBOMBELA – Afgesien daarvan dat die Departement van Onderwys sy kommer oor die onbevredigende bywoning van ouers gedurende die skoolbeheerliggaamverkiesing uitgespreek het, het verskeie plaaslike skole nietemin met gemak hul kworum oorskry.

Volgens me. Annemarie Kleynhans, hoof van Hoërskool Bergvlam, het dié skool hierdie jaar daarin geslaag om hul kworum met selfs 10 persent verby te steek. Laerskool Laeveld het ook daarin geslaag.

Alhoewel beide verskeie metodes gevolg het, meen Kleynhans, indien skole die onderwysdepartement se advies gevolg het en ouers goed ingelig en gemotiveer het, die verkiesing op die eerste datum suksesvol afgehandel sou kon wees.

“Bergvlam het vir ‘n voldagverkiesing aansoek gedoen omdat die ouers lang ure werk, so dit sou dus baie beter werk,” het sy verduidelik.

Laerskool Laeveld het op sy beurt weer die tradisionele metode gevolg deur die nominasieproses en die verkiesing op een aand te hou. Hulle het verder die onderwysdepartement se advies gevolg en verskillende aktiwiteite vir die kinders gereël terwyl ouers met die verkiesingsproses besig was. Volgens Kleynhans, wat ook by Laeveld die kiesbeampte was, was daar nie eens genoeg plek vir al die ouers in die saal nie. Die hele proses was net na 20:00 klaar.

Bergvlam het ouers ook die geleentheid gebied om die profiele van alle genomineerdes vooraf deeglik te bestudeer en ouers het dus presies geweet vir wie hulle wou stem toe hulle as stemgeregtigdes geregistreer het.

Die verkiesing duur tot Saterdag en die departement het ouers gemaan om die proses in ‘n ernstige lig te beskou en nie net te stem nie, maar hulself ook verkiesbaar te stel.

“Dit gee aan ouers die geleentheid om bevoegde kandidate te verkies wat so ‘n vreedsame en vooruitstrewende skoolbestuur tot gevolg het,” het die LUR vir onderwys, me. Reginah Mhaule gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button