NewsSchools

Bergies gereed vir opwindende jaar

Laerskool Bergland het die nuwe jaar met selfvertroue aangepak en gaan nou met 'n nuwe beheerliggaam seker maak dat leerders in die komende jaar nog 'n reeks uitstaande prestasies behaal.

MBOMBELA – Laerskool Bergland het die nuwe jaar met selfvertroue aangepak en gaan nou met ‘n nuwe beheerliggaam seker maak dat leerders in die komende jaar nog ‘n reeks uitstaande prestasies behaal.

Die nuwe beheerliggaam is op 16 Maart verkies en bestaan uit 11 lede, naamlik vyf personeellede en ses ouers.

Mnr. Gordon Lancaster, mnr. Theo Kruger, me. Miggie Lancaster, mnr. Tobie Pretorius en mnr. Johan Post vorm deel van die personeel. Mnr. Gerrie Uys, mnr. Johan de Necker,

mnr. Anton Linde, ds. Louis Pienaar, me. Annriette Slabber en me. Eloise Van Tonder vorm deel van die ouergroep.

Een van Bergland se kenmerke is hulle omgeeharte en fokus op belangrike dae in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Sodoende het Bergland se leerders verlede maand Menseregtedag gevier met kinders wat kreatiewe tekeninge geskep het om die belangrikheid van die dag aan te toon.

Op die atletiekveld het vier Bergies hulle staal gewys toe hulle vir die Mpumalanga-atletiekspan gekies is. Ryan Venter, Lourens Potgieter, Kyla Labuschagne en Suzaan Nel het sodoende die geleentheid gekry om aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in Germiston deel te neem.

Die mediasentrum het ook vir groot opgewondenheid onder leerlinge gesorg, met twee vertonings in die skoolsaal. In Februarie het die ATKV Boek Buddies kom kuier om bewustheid van boeke te skep. Die leerlinge het die vertoning terdeë geniet met party wat nie kon wag om ‘n boek te verslind nie.

Op 24 Maart het Communio Kerk ‘n draai kom maak en ‘n poppespelvertoning gehou wat op die Paastyd gebaseer is.

Tesame daarmee was daar ook ‘n boekuitstalling om leerlinge se belangstelling in boeke te prikkel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button