EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNewsPeople

Gemeenskap gedenk Paasfees met gewyde musiek en samesang

Musiekliefhebbers kon verlede Donderdag 'n Paasmusiekfees by The Music Shop geniet.

LYDENBURG – Musiekliefhebbers kon verlede Donderdag ‘n Paasmusiekfees by The Music Shop geniet.

Inwoners het in getalle opgedaag om die gebeurtenis te ondersteun en saam gewyde liedere te sing. Toegang was winterklere of komberse vir behoeftiges.

“Die klere en komberse sal geskenk word aan Lydenburg Christelike Maatskaplike Raad (CMR),” het me. Helena Viljoen van The Music Shop vertel.

Volgens een van die aanwesiges, me. Amorie Coetser, het die orkes ‘n goeie vertoning gelewer en was sy veral beïndruk dat die gemeenskap saamgespan het om só die Paasfees te gedenk. “Ek geniet elke oomblik van die vertoning en sien uit na die volgende een,” het sy gesê.

“Ons wil dankie sê aan elkeeen wat die geleentheid bygewoon het, ons waardeer die ondersteuning en ook ‘n groot dankie vir die bydraes wat gemaak is vir die CMR,” het Viljoen gesê. “Ek is seker CMR sal die skenkings baie nuttig kan aanwend. Dankie ook aan die musikante vir die uitstekende optrede en hul harde werk om die geleentheid ‘n sukses te maak. ”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button