NewsNewsSchools

Fathers Ground se nuwe bestuur verkies

Hierdie jaar gaan propvol interessante projekte en aktiwiteite wees, beloof die nuwe bestuur van Fathers Ground.

Fathers Ground is 15 jaar gelede deur ‘n groep entoesiastiese pa’s van Laerskool Witrivier begin, met die hoofdoel om die fondse in te samel om die skool se begroting aan te vul.

Daar is onlangs ‘n nuwe bestuur gekies, wat uit Dawid Spangenberg, Danie Willemse, Corrie Minnaar, Jaco Bekker, Gary Leppan, Karel van Staden en Lionel Schülz bestaan.

Die organisasie se fondsinsamelingsprojekte sluit in gholfdae, die jaarlikse visvangkompetisie en allerlei verkope en die opbrengste het al gehelp met verskeie opknappings van geboue en die terrein, asook die aanskaf van noodsaaklike toerusting.

Lede van Fathers Ground gaan hierdie naweek by die Sasol Rally te sien wees, waar hulle die hekke van die skoolterrein gaan beman en worsbroodjies verkoop.

Die organisasie gaan ook betrokke wees by die Cravenweek rugby, wat aan die einde van Junie in Witrivier plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button