NewsSchools

Bergvlam bring Mamma Magic teater toe

Met groot gees beplan die produksiespan "flash mobs" in twee plaaslike winkelsentrums die naweek.

MBOMBELA – Dit gaan Mamma Magic op die planke wees wanneer Hoërskool Bergvlam volgende week hul jaarlikse musiekblyspel by Mbombela stadsteater opvoer.

Mamma Magic is ‘n verwerking van Mamma Mia! en beloof so ‘n tikkie Afrika-klanke tussen die ou bekende ABBA-gunstelinge. Die produksiespan se 65 leerlinge oefen al sedert verlede jaar aan die vertoning wat beloof om die voete te laat jeuk.

 

Dit word vanaf Maandag tot Vrydag om 18:00 aangebied. Kaartjies vir aandvertonings van Maandag tot Donderdag beloop R80. Maandag en Dinsdag is daar spesiale skolierkaartjies teen R30 beskikbaar. Vrydag vind die galavertoning plaas en die kaartjies beloop R120 per persoon, wat ‘n ligte vingerete insluit.

Die kaartjies kan by Hoërskool Bergvlam gekoop word en sal ook by die deure beskikbaar wees as vertonings nie vol bespreek is nie.

Om voorbrand te maak beplan die produksiespan more twee “flash mobs” te hou in Riverside en I’langa se winkelsentrums. Hou dus ‘n ogie oop vir dié begeesterde groepie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button