CrimeHard newsNewsNewsUpdate

Pinky Strydom se vermeende aanvallers – saak uitgestel

Die twee beskuldigdes se weergawes van wat gebeur het verskil glo só dat hulle aangeraai is om verskillende prokureurs aan te stel.

MBOMBELA – Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle me. Pinky Strydom (87) in haar huis in Witrivier aangeval en beroof het, het gister weer in die Nelspruit Streekhof verskyn.

Die saak teen hulle is ‘n week vantevore is uitgestel omdat die twee se weergawes mekaar weerspreek en hulle verskillende prokureurs sal moet aanstel. Laevelder het vroeër berig dat hierdie uitstel van wesenlike belang vir die verhoor is, omdat die twee vermeende misdadigers die geregtigheid van die verrigtinge teen hulle sal kan bevraagteken as verskillende prokureurs nie aan hulle toegeken word nie.

Die beskuldigdes (onderskeidelik 21 en 27 jaar oud) is op 20 Oktober 2014 in Masoyi gearresteer nadat Strydom glo nege dae vantevore in haar huis oorrompel en aangerand is. Haar kleinseun het op haar afgekom waar sy erg beseer op haar bed gelê het. “Sy is vir dood agtergelaat nadat hulle haar wreedaardig aangerand het,” het ‘n betroubare bron vroeër bevestig. Strydom is na die hospitaal gehaas en die voorval is by die polisie aangemeld.

Hulle is aangekla van roof met verswarende omstandighede.

Lees ook:

Ms Pinky Strydom’s alleged attackers: next court date announced

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button