CrimeHard newsNewsNews

Hoe om misdaad ook in jou buurt te verminder

Wat met 15 lede by die eerste vergadering in een straat begin het, het al tot 200 gevorder. Amper 20 strate word nou verteenwoordig.

MBOMBELA – Die Stonehenge Against Crime-forum (SAC) is nou reeds ses maande oud.

Wat met 15 lede by die eerste vergadering in een straat begin het, het al tot 200 gevorder. Amper 20 strate word nou verteenwoordig en meer as 600 pamflette is onlangs tydens een oggend uitgedeel. Daar is ook reeds lede van drie komplekse in Stonehenge aan boord omdat veiligheid daar ook bedreig word deurdat talle inbrake daar plaasvind.

Daar is ook onlangs T-hemde laat druk met die forum se logo op en Felicity L’ange, die wyksraadslid het een tydens die mees onlangs maandelikse vergadering ontvang. Sy het haar steun aan die groep toegesê en lede sien uit na nouer betrokkenheid van haar kant af.

OLYMPUS DIGITAL CAMERA
L’ange ontvang haar T-hemp.

Tydens die maandelikse vergaderings is kol. Brian Muller of kapt. Shongwe gewoonlik teenwoordig. Shongwe is deur die SAPS aan daardie gebied toegeken. Sy verantwoordelikheid sluit ook Mataffin, Kaapsehoop en Sudwala in. Die Stonehenge-inwoners verstaan dat die polisie nie te alle tye oral kan wees nie, daarom glo hulle in gemeenskapspolisieëring.

Dit het tot só ‘n mate gegroei dat Stonehenge nou in ses blokke met ‘n WhatsApp-groep vir elk opgedeel is. Dit beteken dat drie strate saam gegroepeer word en dat die gemeenskap in elke straat na mekaar en hul belange kan omsien. Die verteenwoordiger van daardie blok sal dan die maandelikse GPF-vergadering bywoon en ook as leiers uit die gemeenskap na vore begin tree.

Daar is ook ‘n Christelike groep wat sowat die helfte van die totale gemeenskap bevat wat bid en intree vir Stonehenge en die gemeenskap.

Navrae: Irma Terblanche by 079-588-2715, John Meintjies by 081-344-0286 of Jomo Shabalala by 071-604-2969.

Lees vorige stroies oor SAC:

Misdaad nou heelwat minder in Stonehenge

Your safety in your own hands

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button