Sentrum gaan Nellies nog slimmer maak
Te danke aan anonieme borge, kon die skool die volle R640 000, wat nodig was om die rekenaars te installeer, insamel.
Leerders van Laerskool Nelspruit is van nou af toegerus met die nuutste tegnologie danksy die nuwe rekenaarsentrum wat op 22 April geopen is.
‘n Totaal van 40 nuwe rekenaars beskik oor die heel nuutste harde- en sagteware in inligtingstegnologie. Te danke aan anonieme borge, kon die skool die volle R640 000, wat nodig was om die rekenaars te installeer, insamel.
Die projek is deur mnr. Niekie Swarts behartig.
Leerders sal nou tot opvoedkundige programme, soos lees, spelling, spoedtoetse en wiskunde, deur middel van die rekenaars toegang hê. Opdragte deur oorfone stel elke leerder in staat om op sy of haar eie tyd werk.
Die skool bedank graag al die borge wat die oprig van die sentrum moontlik gemaak het.
