CrimeEditor's choiceLocal newsNewsNews

Pakistani-winkeleienaar beroof, geskiet

Dit het altesaam net 45 minute geneem voor die verdagtes gearresteer is. Al drie het Maandag in die Graskop se landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 14 Mei vir verdere ondersoek.

OHRIGSTAD – ‘n Pakistani-winkeleienaar is Vrydagmiddag deur drie rowers in sy winkel oorval.
Volgens AO Floris Kruger het die drie verdagtes die winkel binnegekom en gemaak asof hulle goedere wou koop.
“Die verdagtes het die staalhek oopgeskuif en die eienaar, mnr. Falak Sher oorval en in die maag geskiet. Hulle het op die vlug geslaan met kontant, sigarette, ‘n bottle drank, kontant en lugtyd. Boere in die omgewing is per radio in kennis gestel van die voorval en hulle het die paaie in die omgewing versper.”
Kruger sê dat die verdagtes sowat drie kilometer vanaf die Ohrigstaddamwinkel vasgetrek is.
Dit het altesaam net 45 minute geneem voor die verdagtes gearresteer is. Al drie het Maandag in die Graskop se landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 14 Mei vir verdere ondersoek.
Sher is in ‘n stabiele toestand in Rob Ferreira-hospitaal en sal binnekort na Lydenburg se hospitaal oorgeplaas word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button