CrimeHard newsNewsNews

Winkelier in maag geskiet: Verdagtes vas

Die drie mans word aangekla van besigheidsroof, poging to moord en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

PILGRIM’S REST – ‘n Winkeleienaar is Vrydag ten aanskoue van sy broer in die maag geskiet toe drie mans sy winkel by die Ohrigstaddam binnegestorm het.

Mnr. Falak Sher (34) sterk tans in Rob Ferreira Hospitaal aan.

Volgens AO Floris Kruger, bevelvoerder van die speurtak op Pilgrim’s Rest, het een van die verdagtes voorgegee dat hy iets wou koop toe die ander twee die winkel binnegestorm en ‘n skoot afgevuur het.

“Die verdagtes het Sher en sy broer in die winkel toegesluit en op die vlug geslaan met sigarette, lugtyd en ‘n bottel whiskey,” het Kruger bevestig. Boere in die omgewing het egter vinnig ingespring en die gemeenskap per radio in kennis gestel waarna hulle die gebied afgesper het.

“Die verdagtes is in een van die boere se lande vasgekeer en sowat drie kilometer vanaf Sher se winkel gearresteer,” het Kruger gesê. ‘n Vuurwapen en mes is in hul besit gevind. Die drie mans word aangekla van besigheidsroof, poging to moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Volgens Kruger is die verdagtes borg geweier en sal hulle weer op 14 Mei in die hof op Graskop verskyn. Sher sal na verwagting later terug oorgeplaas word na die hospitaal in Lydenburg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button