Laerskool Nelspruit vier 99 jaar
Al die Nellies het hierdie prestasie met watersports en roomyse gevier.
MBOMBELA – Hulle is die oudste skool in die stad en verlede maand het Laerskool Nelspruit hul 99ste verjaarsdag in styl gevier.
Leerlinge, personneellede en ouers was getrakteer met watersports, roomyse, ‘n massiewe verjaarsdagkoek en ‘n yslike bring-en-braai op die rugbyveld. ‘n Totaal van 99 ballonne en 99 ‘sky lanterns’ is deur die dag ter verjaarsdag vieringe, die lug opgestuur. Die aand van 11 April vanjaar, kon ouers en kinders ‘n filmvertoning op die rugbyveld geniet.
Die skool is op 11 April 1916 deur Mnr. AF van Zyl geopen. Die hele skool het uit ‘n sinkplaatkamertjie en slegs 20 leerders bestaan. Vandag spog die Nellies met wel meer as 1000 leerders en ‘n staatmakerskoolterrein.
Vanjaar was slegs ‘n voorsmakie vir volgende jaar se verjaarsdag. 11 April 2016 is Laerskool Nelspruit 100jaar oud. Laerskool Nelspruit bied ook die 2016 Interlaer aan en maatskappye wat belangstel om as borg op te tree kan vir Johan Orton kontak by johano@nelnet.co.za / 082 3731733


